God se Woord VARS vir jou Vandag
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Último episódio
2106 episódios
- Send us Fan Mail
2 Timoteus 4:7-8 Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.
Jy kan met passie, talent en oortuiging begin - maar wat die meeste saakmaak, is hoe jy klaarmaak. Want in die wedloop van die geloof begin baie mense goed. Min steek die wenstreep oor terwyl hulle steeds getrou is.
In die vroeë 1900's het die Skotse Olimpiese naelloper Eric Liddell die wêreld verstom toe hy geweier het om sy beste item - die 100 meter - te hardloop. Dit was geskeduleer vir ’n Sondag, die dag wat hy vir aanbidding gereserveer het. Die pers het hom uitgelag. Politici het hom as onpatrioties uitgekryt. Maar Eric het vasgestaan.
In plaas daarvan het hy die 400 meter gehardloop - ’n resies waarin hy nie die gunsteling was om te wen nie. Net voor die wegspring het iemand vir hom ’n briefie in die hand gestop waarop staan: “Die wat My eer, sal Ek eer.” Hy het goud gewen.
Maar weet jy, Liddell se grootste oorwinning het eers later gekom. Op die kruin van sy roem het hy atletiek gelos om as sendeling in China te gaan dien. Toe die oorlog uitbreek, is hy in ’n Japannese kamp opgesluit waar hy sy laaste jare deurgebring het om kinders te leer, kos te deel, en die vrede van Christus uit te straal. Hy is daar oorlede - uitgeput, maar getrou.
Die apostel Paulus het, terwyl hy die dood in die gesig gestaar het, aan sy dissipel en aan ons geskryf in:
2 Timoteus 4 vers 7 en 8: Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.
Dít is nou hoe dit lyk om goed klaar te maak. So, wanneer moegheid fluister: Laat skiet, gee moed op, moenie meer probeer nie, onthou dan - die prys word nie vir die vinnigste gegee nie, maar vir die een wat getrou bly.
Hou aan om jou wedloop te hardloop. Want elke stap in Jesus se rigting is ’n stap nader aan die kroon wat nooit sal verdof nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Hebreërs 12:3 Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie
Daar kom ’n punt in elkeen van ons se lewens waar ons kragte eenvoudig opraak. Wanneer dit voel asof ons gebede niks uitrig nie, die gewag eindeloos voel, en om tou op te gooi, na die enigste logiese uitweg klink. Dis juis op daardie oomblik waar ware moed begin - die moed om te volhard.
In die 1600's het ’n jong Kwaker-vrou met die naam Mary Dyer geweier om haar geloof in Jesus te verloën. In daardie tyd is die Kwakers in die Massachusetts Bay-kolonie vervolg - hulle is in die tronk gestop, gemartel, en selfs weens hul oortuigings om die lewe gebring.
Mary is verskeie kere in hegtenis geneem en beveel om stil te bly oor haar geloof. Maar sy kon nie. Haar gewete het dit net nie toegelaat nie. Toe sy die kans kry om haar eie lewe te red deur haar geloof af te sweer, het sy gesê: “In gehoorsaamheid aan die wil van die Here het ek gekom … en in sy wil, bly ek getrou tot die dood toe.”
Sy is in 1660 in die openbaar opgehang.
Dít is nou volharding - nie met groot geruis, of om ryk en bekend te word nie; dis ’n vasberade liefde vir God wat weier om om te draai.
Hebreërs 12 vers 3: Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
Jesus weet presies wat dit is om ter wille van die waarheid te ly. Hy is verraai, geslaan, bespot en gekruisig - en tog het Hy volhard, omdat sy liefde Hom gedring het. So, wanneer jy uitgeput voel, voel of niemand jou raaksien nie, of as jy in die versoeking kom om tou op te gooi, dink dan aan Mary Dyer.
Dink aan Jesus, want ware moed is nie altyd luidrugtig nie - soms is dit bloot die stil besluit om aan te hou vertrou, selfs al sê alles in jou jy moet ophou. En daardie soort volharding gaan nooit ongesiens verby nie. Dink aan Jesus wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het en Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
1 Samuel 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
Jy was waarskynlik al self in so ‘n situasie - jy staan in ’n vertrek waar almal van jou verskil. Die druk is tasbaar, die stemme is hard, en skielik voel moed na ’n luuksheid wat jy bloot nie kan bekostig nie. Om in die minderheid te wees, is nie net moeilik nie … dit is vreesaanjaend.
In 1989 het ’n onbekende jong man - vandag word hy bloot onthou as die ‘Tank Man’ - op die Tiananmen-plein in Beijing gestap. ’n Ry tenks het op hom afgestorm. Hy het geen wapens gehad nie, geen bondgenote nie; net twee inkopiesakke en ’n onwrikbare oortuiging dat dít wat besig was om te gebeur, verkeerd was.
Vir ’n paar onvergeetlike oomblikke het die hele wêreld gekyk hoe hierdie een man ’n magtige ryk in die oë kyk … en weier om te pad te gee. Dis presies hoe moed lyk. Dis hoe dit lyk wanneer jou gewete harder as jou vrees praat.
’n Paar duisend jaar vantevore het ’n ander jong seun alleen teen ’n oormag op ’n slagveld gestaan. Dawid, ’n skaapwagter, het die reus Goliat in die oë gekyk terwyl Israel se leër van vrees gebewe het.
Hy het nie ’n harnas of ’n swaard gehad nie - net sy geloof en ’n slingervel wat hy gebruik het om sy pa se skape teen roofdiere te beskerm. Hy het daardie reus reg in die oë gekyk en gesê:
1 Samuel 17 vers 45: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
... en met een enkele klippie het die reus geval.
Hopelik sal dit nooit van jou gevra word om tenks of reuse te konfronteer nie, maar jy gáán druk ervaar - om kompromieë te maak, om stil te bly, of om terug te deins. Staan nogtans vas. Want moed word nie deur getalle bepaal nie. Dit lê daarin dat jy weet: wanneer God aan jóú kant staan, is dit beslis die vyand wat die minderheid is, nie jy nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Handelinge 5:29 Petrus en die ander apostels het geantwoord: “'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!
Almal sê hulle het beginsels - totdat daardie beginsels hulle iets begin kos. Dis die oomblik wanneer die aap uit die mou kom: Glo ek regtig wat ek sê ek glo, of ry ek maar net die golf solank dit veilig is?
Die fluitjieblaser, Katharine Gunner, was bekend daarvoor dat sy onveilige praktyke in Brittanje se National Health Service oopgevlek het. Sy was nie beroemd, magtig of beskerm nie. Sy het bloot verkeerde dinge gesien wat mense se lewens gekos het, en geweier om stil te bly — selfs toe dit beteken het dat sy haar werk kon verloor en in die publiek sleggesê word. Haar oortuiging was dít: “Jy kan nie regmaak wat jy nie bereid is om te konfronteer nie.”
So, wat doen jy wanneer die druk erger word - wanneer stilbly die veiligste opsie is, maar om die waarheid te praat, jou duur te staan gaan kom? Dis presies waar jou oortuiging getoets en moed gebore word.
Ná Jesus uit die dood opgestaan het, is sy volgelinge in hegtenis geneem en gedreig omdat hulle oor Hom gepreek het - veral omdat hulle verklaar het dat Hy leef. Die owerhede het hulle beveel om op te hou, maar …
Handelinge 5 vers 29: “Petrus en die ander apostels het geantwoord: ‘Ons moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense.”
Dis presies hoe morele moed klink - ’n geloof wat weier om voor vrees te buig.
Om Jesus te volg en God te eer - kom selde sonder ’n prys. Dit beteken dalk om jou sê te sê by die werk, om op te staan vir iemand wat sleg behandel word, of om te weier om jou geloof af te water om te sê wat ander graag wil hoor.
Maar morele moed gaan nie oor wen nie - dit gaan oor aanbidding. Dit is om God bo alles te eer.
So, as gehoorsaamheid jou ooit iets kos - of dit nou jou gemak, mense se goedkeuring of ’n geleentheid is - onthou dít: die Een vir wie jy opstaan, het eerste vir jóú opgestaan. Hy het skande, verwerping en die dood deurgemaak omdat Hy lief is vir jou.
En wanneer jy kies om Hom te gehoorsaam, wat dit ook al kos, verloor jy nie - jy deel in sý oorwinning. Staan dus vas. Doen wat lewe bring. Dien God, nie mense nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
Vrees kan ons lewens stilweg beheer, maar ware moed is om God te vertrou in plaas van om terug te deins. Dit skreeu nie altyd nie - soms fluister dit net: “Bly veilig, moenie uitstaan nie, moenie waag nie.” En voor ons ons oë uitvee, verdwyn ons moed en word gemak ons baas.
In 1953 het sir Edmund Hillary aan die voet van die berg Everest gestaan en besef dat hierdie tog elke klimmer voor hom hul lewens gekos het. Die vrees was werklik - maar sy vasberadenheid was sterker. Toe hy uiteindelik die kruin bereik het, het hy gesê: Dis nie die berg wat ons oorwin nie, maar onsself.
Dit is presies waar ’n man met die naam Josua homself bevind het. Sy mentor Moses - die grootste leier wat Israel nog geken het - was weg. Die taak wat voorgelê het, was vreesaanjaend: lei miljoene mense in ’n vreemde land, wat vol vyande is, in. Neem daardie land in, geveg ná geveg.
Interessant genoeg was God se eerste woorde aan hom nie oor taktieke of wapens nie, maar oor moed.
Josua 1:9: Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.
Dit is wat God vir Josua gesê het - en met my hele hart glo ek dat dít is wat Hy vandag vir jou sê. Ware moed is nie die afwesigheid van vrees nie. Dit is die stil besluit om God meer te vertrou as jou omstandighede; meer as jou gevoelens; meer as jou vrees.
So, watter berg ook al vandag voor jou staan – begin klim. Jy het nie volmaakte selfvertroue nodig nie, net die moed om te glo dat die Een wat jou roep, saam met jou sal stap, al die pad tot op die kruin. Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Mais podcasts de Crianças e família
Podcasts em tendência em Crianças e família
Sobre God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Sítio Web de podcastOuve God se Woord VARS vir jou Vandag, Bem Mais Que Uma História e muitos outros podcasts de todo o mundo com a aplicação radio.pt

Obtenha a aplicação gratuita radio.pt
- Guardar rádios e podcasts favoritos
- Transmissão via Wi-Fi ou Bluetooth
- Carplay & Android Audo compatìvel
- E ainda mais funções
Obtenha a aplicação gratuita radio.pt
- Guardar rádios e podcasts favoritos
- Transmissão via Wi-Fi ou Bluetooth
- Carplay & Android Audo compatìvel
- E ainda mais funções


God se Woord VARS vir jou Vandag
Leia o código,
descarregue a aplicação,
ouça.
descarregue a aplicação,
ouça.




























