God se Woord VARS vir jou Vandag
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Último episódio
1000 episódios
- Send us Fan Mail
Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
Het jy al ooit opgemerk hoe sommige mense met ’n kalmte wat jy net nie kan verstaan nie, deur die grootste chaos stap? Dit is nie dat hulle witbroodjies is, wat nooit swaarkry nie. Hulle het bloot ’n vrede gevind wat glad nie afhang van wat rondom hulle gebeur nie. Ongelooflik!
In 2018 het die hele wêreld vasgenael gesit en kyk hoe twaalf seuns en hulle afrigter diep binne-in ’n oorstroomde grot in Thailand vasgekeer was. Terwyl almal wêreldwyd probeer help het om hulle te red, het een duiker ingestem om suurstoftenks deur daardie nou, pikdonker tonnels te vat. Dit is darem maar ’n vreesaanjaende ding. Maar net voor hy ingegaan het, het hy gesê: Ons verloor nie hoop nie. Ons beweeg saam vorentoe.
Ure later is hy dood. Sy dapperheid het ander geïnspireer om ook te help en daardeur is al die kinders gered. Daardie soort dapperheid kom nie uit ’n selfsugtige lewe nie. Dit kom uit ’n diep vrede wat baie sterker as vrees is.
Net ’n paar uur voor sy arrestasie en die kruisiging, het Jesus self vir sy dissipels gesê:
Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
Hierdie belofte was nie maar net ’n mooi rympie nie. Dit was prakties bedoel. As ’n mens kyk na alles wat vir die dissipels voorgelê het, weet ons dat hulle Jesus se vrede bitter, bitter nodig sou kry!
En dieselfde Jesus wat die groot storm van die kruis trotseer het, gee vandag vir jou sy Gees om binne-in jou te woon – om jou hart stewig vas te hou wanneer alles rondom jou begin skud.
So wanneer die golwe hoog raak en die bekommernis hard in jou ore skree, stop net eers en sê saggies Jesus se Naam. Want sy teenwoordigheid verander nie altyd jou omstandighede nie. Maar dit sal jóú elke enkele keer verander. Jy mag dalk geskud word, maar jy sal nie uitmekaar val nie. Moenie ontsteld wees nie. Moenie bang wees nie.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Jesaja 6:3 “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
Wanneer was die laaste keer wat jy regtig heeltemal sprakeloos was – daardie soort groot verwondering wat jou sommer so in die middel van ’n sin laat stilbly? Miskien was dit ’n sonsondergang wat die hele lug aan die brand gesteek het, ’n pasgebore babatjie se eerste huil, of ’n musiekstuk wat op een of ander manier reguit in jou siel ingekruip het. Ons almal het mos maar daardie oomblikke waar skoonheid sommer net deur al die alledaagse raserigheid breek – waar jy vir ’n enkele hartklop voel dat daar beslis iets méér aan die gang is.
In 1968 het ’n ruimtevaarder met die naam William Anders saam met die Apollo 8-sending gegaan om in ’n wentelbaan om die maan te vlieg. Toe die ruimtetuig so om die maan swaai, kyk hy by die venster uit en sien hoe die aarde bo die horison opkom – ’n piepklein, breekbare blou albaster teen ’n reuse, pikswart lug. Hy het dadelik sy kamera gegryp en daardie foto geneem wat vandag wêreldwyd bekend staan as Earthrise.
Hy het later gesê: “Ons het ál die pad gekom om die maan te verken, maar die heel belangrikste ding wat ons ontdek het, was eintlik die aarde.”
Daardie gevoel van absolute verwondering is soos ’n oop venster na God se grootheid toe – sy skoonheid wat reg deur die skepping skyn. Die profeet Jesaja het eenkeer ’n visioen van die hemel gesien en uitgeroep:
Jesaja 6:3 Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.
Die woord vir magtige teenwoordigheid of heerlikheid beteken eintlik gewig – die tasbare teenwoordigheid van God. So, as jy dalk jou verwondering oor die lewe êrens langs die pad verloor het, haal net ’n bietjie jou voet van die petrol af. Gaan soek na sy vingerafdrukke op die wêreld rondom jou – in mooi kleure, in ’n lekker lag, in iemand se opregte vriendelikheid of wanneer mense mekaar vergewe.
Ja, my vriend, die grootheid van God is nie net daar ver in die hemel nie. Dit is sommer hier by ons – ingeweef in elke gewone oomblik van jou dag, en dit wag net dat jy dit moet raaksien.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Ons is mos maar almal geneig om ons lewens om te wens op soek na geluk. Jy weet presies waarvan ek praat: lekker vakansies, sukses by die werk, mense wat van jou hou, nuwe dinge wat jy kan koop... En kyk, daar is niks fout met daardie dinge nie. Die groot probleem is net dat dit nooit genoeg is om daardie spesiale leemte te vul wat net God in ons binneste kan vul nie.
In 1965 het ’n sielkundige met die naam Viktor Frankl – wat self ’n Nazi-konsentrasiekamp oorleef het – geskryf dat jy nie geluk kan najaag nie. Hy het gesê geluk kom, as ’n skat wat vanself kom, wanneer jou lewe betekenis het. Hy het agtergekom dat selfs te midde van groot swaarkry, dié mense wat ’n lewensdoel gehad het, nog steeds vrede kon uitstraal.
Dink ’n bietjie oor jou eie lewe. Jy jaag al hierdie dinge ná wat jy dink jou gelukkig gaan maak, maar dit voel net nooit heeltemal … genoeg nie.
Dit is omdat Frankl se slim idee presies ooreenstem met die hart van die Bybel. Ware vreugde is nie ’n gevoel wat jy self kan opmaak of forseer nie – dit is iets wat sommer net oorloop wanneer jy naby aan God leef. Koning Dawid, wat geweet het hoe dit voel in ’n paleis én in ’n donker grot, het eenkeer geskryf in:
Psalm 16:11 U wys my die pad van die lewe. In u teenwoordigheid is daar oorvloedige blydskap; uit u hand kom net wat mooi is, vir altyd.
Die absolute feit is (of jy nou daarvan hou of nie, en of jy saamstem of nie): jy is gemaak om God te geniet – nie net om van Hom te weet of in Hom te glo nie, maar om Hom regtig te bewonder en lief te hê.
Wanneer jy vir ’n oomblik ophou om so vreeslik deur die lewe te jaag, en net stilstaan om te beleef dat Hy by jou is en in jou hart woon, dan kom daardie vreugde stilletjies vanself terug. Nie omdat jou lewe skielik perfek is nie, maar omdat Hý perfek is.
So, hoekom stop jy nie net vandag vir ’n oomblik nie? Stap ’n bietjie buitetoe. Haal diep asem. Fluister saggies: “Here, U is hier.” Want in die teenwoordigheid van God is vreugde nie iets wat jy hoef na te jaag nie.
Dit is iets wat jóú agtervolg en vind.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Johannes 14:15-17 As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Vrees is 'n magtige dryfveer. Dit hou jou op die pad, laat jou luister, en dryf jou selfs om te presteer. Maar dit verander nooit jou hart nie. Want terwyl vrees jou dalk kan dwing om dinge te doen, is dit net liefde wat ware toewyding bring.
Het jy al ooit êrens gewerk waar die baas 'n tiran is? ‘n Plek waar dinge deeglik gedoen word, maar waar daar geen vreugde, geen lojaliteit en geen lewe is nie. Vergelyk dit nou met 'n gesonde werksplek, waar mense sommer baie meer van hulself gee by die werk omdat hulle gewaardeer en gerespekteer voel. Dit gee presies dieselfde resultaat, maar met 'n heeltemal ander gees.
Dit is die groot verskil tussen godsdiens en 'n verhouding met ons Here Jesus Christus. Godsdiens sê: Doen dít, of anders... Jesus sê: Volg My – want Ek het jou lief. Hy het trouens self vir sy dissipels gesê:
Johannes 14:15-17 As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal 'n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat die wêreld Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Dit was glad nie 'n dreigement nie; dit was bloot feite. Vrees gehoorsaam dalk, maar liefde volg.
Jesus se gehoorsaamheid aan sy Vader is nie gedryf deur die vrees dat Hy weggestoot sal word nie, maar deur 'n oorvloedige liefde wat uit 'n baie hegte verhouding kom. Selfs aan die kruis het die liefde Hom gedring om aan te hou “ja” sê.
So, vra jouself vandag af – hoekom gehoorsaam jy God? Uit vrees dat Hy jou sal straf, of uit liefde omdat Hy jou reeds vergewe het? Want terwyl vrees jou dalk vir 'n rukkie kan laat luister, is dit net liefde wat jou vir die res van jou lewe aan die gang kan hou.
En onthou: Wanneer jou gehoorsaamheid uit liefde vloei, is dit nie meer 'n plig nie. Dit word 'n plesier.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY - Send us Fan Mail
Lukas 6:46 '“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? '
Elke dag hoor ons die raad: “volg jou hart.” Dit klink vry en fantasties – totdat jou hart jou in iets gevaarliks inlei. Diep hier binne gehoorsaam selfs die mees onafhanklike mens nog steeds iets: of dit nou begeertes, vrees, geld of die mense se goedkeuring is. Die vraag is nie óf ons gehoorsaam is nie, maar aan Wie of wat ons gehoorsaam is.
Dink net aan 'n vlieënier wat die beheertoring heeltemal ignoreer. Hy glo wel die instruksies is goed – hy gehoorsaam dit net nie. Dit maak nie saak hoe opreg hy voel nie, die eindproduk bly presies dieselfde: 'n groot ramp. As jy net glo maar nie gehoorsaam nie, gaan jou vliegtuig steeds verongeluk.
En weet jy, ons wil dit heeltyd met God ook doen. Ons sê: Here, ek vertrou, maar ons hou aan om op eie instink te vlieg. Ons hou vas aan ons bitterheid, ons gerief, ons eie beheer, en ons reg om dinge op óns manier te doen.
En dan wonder ons hoekom die geloof waarvan ons so baie praat, in 'n hoop skerwe eindig. Jesus het self gevra:
Lukas 6:46 '“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?”
Dit was nie bedoel om mense slegs te berispe nie – dit was 'n uitnodiging. Ware geloof luister en volg. Ware liefde sê: Ja, Here, selfs wanneer dit baie kos om gehoorsaam te wees. Gehoorsaamheid gaan nie daaroor om God se goedkeuring te verdien nie. Dit is juis die bewys dat ons dit reeds het.
So wanneer God sagkens met jou praat – om dié of daardie persoon wat jou te na gekom het, te vergewe; of om te gee selfs al voel dit na heeltemal te veel, of om weg te stap van die ding wat jou siel stadig maar seker vernietig – moenie huiwer nie, moenie wag nie, en moenie twyfel nie.
Jy hoef nie die hele plan te verstaan nie. Jy moet net dié Een vertrou wat vir jou die instruksies gee.
Want die geloof wat gehoorsaam, mag dalk soms bewe, maar dit sal nooit neerstort en uitbrand nie. En weet dít: elke liewe daad van gehoorsaamheid beweeg jou weg van 'n leë geloof … reguit in 'n lewende, ware geloof in.
Waarom noem julle My: ‘Here, Here!’ en doen nie wat Ek sê nie?
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Mais podcasts de Crianças e família
Podcasts em tendência em Crianças e família
Sobre God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Sítio Web de podcastOuve God se Woord VARS vir jou Vandag, Raising Good Humans e muitos outros podcasts de todo o mundo com a aplicação radio.pt

Obtenha a aplicação gratuita radio.pt
- Guardar rádios e podcasts favoritos
- Transmissão via Wi-Fi ou Bluetooth
- Carplay & Android Audo compatìvel
- E ainda mais funções
Obtenha a aplicação gratuita radio.pt
- Guardar rádios e podcasts favoritos
- Transmissão via Wi-Fi ou Bluetooth
- Carplay & Android Audo compatìvel
- E ainda mais funções


God se Woord VARS vir jou Vandag
Leia o código,
descarregue a aplicação,
ouça.
descarregue a aplicação,
ouça.


































